Riebeeckrand se veelsydigste matriek beloon

Hy het verlede jaar die skool se hoogste akademiese toekenning, naamlik lourierkleure verwerf.

Tydens die Graad 12-prysuitdeling by Hoërskool Riebeeckrand is Dewald Naudé as die duxleerder aangewys.

“Die gemiddelde persentasie van Graad 8 tot 12 word vir hierdie toekenning gebruik. Dewald s’n is 86,1 persent – wat ‘n groot prestasie!” het Elzeri Wright, die Hoërskool Riebeeckrand-woordvoerder gesê.

Tydens die prysuitdeling is hy ook as die veelsydigste seun in Graad 12 aangewys. Hy het erekleure ontvang en was na afloop van die rekordeksamen vierde onder die Top 10-leerders vir akademie.

Dewald het verlede jaar die skool se hoogste akademiese toekenning, naamlik lourierkleure verwerf.

Tydens die kultuurprysuitdeling het Dewald die trofee vir die Beste Senior Openbare Spreker, ‘n kultuur-veelsydigheidspeldjie en die ATKV Aansporingstoekenning ontvang.

Gedurende sy Graad 12-jaar het hy deelgeneem aan interne redenaars, spanredenaars en ATKV-redenaars, was in die Openbare Spraakspan en het aan die Eisteddfod deelgeneem.

“Riebeeckrand het groot verwagtinge vir Dewald en wens hom alle sukses toe,” het Elzeri gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version