CrimeNews

Baba glo mishandel in staatshospitaal

'n Randfontein-ma het 'n saak van verwaarlosing en mishandeling by die polisie ge-open nadat haar baba vermoedelik mishandel was in die sorg van 'n staatshospitaal.

‘n Agt-maande-oue baba van Randfontein wat onlangs ‘n pasiënt in ‘n staatshospitaal aan die Wes-Rand was, het glo die dag nadat hy opgeneem is, onverklaarbare blou merke op sy gesiggie gehad.

Volgens sy ma was dit nie die geval toe hy Sondag, 26 November in die hospitaal opgeneem is nie. Sy het reeds ‘n saak van verwaarlosing en mishandeling by die polisie geopen.

Dit is hoe sy se beddegoed Maandag gelyk het. Foto ingestuur.

Die ouers is hoogs ontsteld omdat die hospitaalpersoneel glo beweer het dat hul baba reeds die blou merke op sy gesiggie gehad het toe hy opgeneem is.

Een van die verpleegsusters het glo wel gesê dat die baba sy kop in die bababedjie kon gestamp het. Drie dokters het glo boonop gesê dat die merke twee tot drie dae oud was.

Die baba in die hospitaal met die merke duidelik sigbaar. Foto ingestuur.

“Hy is nie meer die baba waaraan ons gewoond was nie,” het die bewoë ma gesê.

Die Herald het die betrokke hospitaal oor die bewerings genader, en daar is onderneem dat hulle ondersoek sal instel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button