Local newsNews

Toekomsrus-skoonheid met internasionale standaarde

Cassidy glo 'n suksesvolle model moet toewyding en vasberadenheid hê.

‘n Plaaslike model, Cassidy Hogins, 12, se skoonheid het geen perke nie. Cassidy is van Toekomsrus en neem gereeld aan skoonheidskompetisies deel. Sedert sesjarige ouderdom het sy ‘n passie vir skoonheid en leef haar droom uit.

Cassidy is ‘n model by Arts and Pageant Academy in Toekomsrus en oefen drie dae per week, twee uur lank.

Cassidy Hogins is slegs 12 jaar oud en reeds ‘n volwaardige model.

“Om mooi te wees is ‘n bonus punt, maar intelligensie en persoonlikheid is ‘n belangrike eienskap wat ‘n model behoort te hê,” het Cassidy gesê.

Die afgelope jaar het sy aan al dié kompetisies deelgeneem:

• Miss Mini Teen SA Gauteng

• Miss Pre-Teen Africa

• Miss Sexy Jeans

• Frosted Diva

• Miss Carnival

• Mnr en Mej Hartzstraat Primary

“My grootste prestasie was toe ek onlangs die titel Pre-Teen Queen of the Universe 2017 gewen het en gekies is om Suid-Afrika volgende jaar in Junie in Portugal te verteenwoordig,” het Cassidy gesê.

Cassidy glo ‘n suksesvolle model moet toewyding en vasberadenheid hê aangesien dit nie ‘n maklike loopbaan is nie. Sy het aan die Herald vertel dat ‘n model kritiek moet kan verwerk en nie toelaat dat negatiewe kommentaar jou beïnvloed nie.

Sy sien baie daarna uit om in Portugal te gaan deelneem en Suid-Afrika se naam hoog te hou. Sy het ook die gemeenskap se hulp nodig om die droom te bewaarheid. Enigiemand wat haar kan borg word versoek om 061 782 0339 te skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button