MunicipalNewsUpdate

Belastingbetaler se stank vir dank

Sy wil graag weet waarom sy haar maandelikse tariewe en belasting betaal.

Meer as ses jaar lank sukkel ‘n plaaslike inwoner met riool wat deur haar hele erf vloei.

Die riool vloei in Lizel Smit se tuin, in haar oprit en het ook onlangs in haar stort en toilette begin opstoot.

Lizel se oprit.

Die Herald het in Julie vanjaar oor dieselfde inwoner se probleem berig, wat intussen vererger het. Lizel het die Herald nou weer genader, omdat die situasie begin hand uitruk nou meer as twee maal per maand voorkom.

Maandagmiddag 20 November het ‘n onaangename reuk onmiddellik vir Lizel laat besef dat die riool weer begin opstoot het.

“Dit was die ergste wat dit nog ooit was. My hele oprit was vol tampons en ontlasting. Ek gebruik nie tampons nie maar ander vroue s’n lê my oprit vol,” het Lizel gebelg gesê.

Lizel het die probleem sonder verwyl maar ook sonder sukses by die Munisipaliteit probeer rapporteer. “Die raadslid en ‘n PR-raadslid het ook die probleem gerapporteer, maar meer as 48 uur later was daar nog nie ‘n oplossing nie,” het Lizel gesê.

Lees die vorige artikel hier: #MunisipaalMaandag – “Riool in my agterplaas, oprit en binnekort dalk in my huis”

Die riool het intussen teruggesak, maar haar hele voorerf is steeds vol daarvan. Haar grootste frustrasies is dat sy dit self moet skoonmaak en dat die Munisipaliteit die probleem permanent ignoreer.

“Dis glad nie meer snaaks nie. Ek skep sommer die goed op en gaan gooi dit op die Burgemeester se lessenaar. Waarvoor betaal ek maandeliks my munisipale rekeninge? Ek is baie lus en bel vir Carte Blanche. Ek glo nie iemand anders sal met ‘n soortgelyke situasie tevrede wees nie,” het Lizel gesê.

Lizel voel dat sy naby breekpunt oor die rioolkwessie is en vrees die reënseisoen wat glo die probleem verder vererger.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button