Leer ‘n Teiner ken #43 – Bettie van der Walt

Die 43e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

In hierdie week se aflewering van die bekende #Leer ‘n Teiner ken het die Herald kennis gemaak met Beatrix, of soos die gemeenskap haar ken, Bettie van der Walt, 51.

Bettie is die 43e persoon waarmee ons in die veldtog kennis maak.

Bettie is hier gebore en het ook hier grootgeword. Sy was in Laerskool Kocksoord en het aan Hoërskool Riebeeckrand gematrikuleer.

Sy is die trotse ma van ‘n dogter, en het haar man vier jaar gelede aan die dood afgestaan. Ongeveer 11 jaar gelede het sy haar passie en droom begin uitleef toe sy haar eie naskoolsentrum geopen het.

“Omdat ek nie biologiese kinders het nie, wou ek vir die afvlerkkinders daar wees,” het Bettie gesê.

Sy het aan die Herald vertel dat haar werk baie vervullend is en dat die gemeenskap haar so ook ken. Mense druk vir haar toeter om te groet as hulle by haar verbyry.

Sy het ‘n groot liefde vir diere en hou visse, ‘n voël en honde aan. Bettie is baie lief vir haar dorp en beskou die gemeenskap van R’tein as mense met warm en (meestal) goue harte.

“My hart is in R’tein en as dit die Here se wil is, sal ek eendag my kop hier neerlê,” het Bettie gesê.

Sy het al verskeie dinge in R’tein beleef – hartseerdinge en dinge wat vir haar vreugde gebring het. Sy sou graag onthou wil word as ‘n persoon wat ‘n voetspoor in ander se harte gelaat het. Sy het laggend vertel dat sy in die gemeenskap bekend staan as “die tannie met die naskool”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version