Graad 12-leerder dankbaar oor ‘n groot geskenk

Corné bedank sy geliefde ma vir die groot geskenk.

‘n Graad 12 leerder van Hoërskool Riebeeckrand, Corne Aldridge, is steeds uit sy vel oor sy vroeë verjaarsdaggeskenk. Die Herald het onlangs met hom daaroor gesels.

Corne het sy 2007 Ford Fiesta al vroeg in die jaar gekry en was baie verras. Hy kan nie genoeg dankie sê vir sy geliefde ma vir die groot, houtskoolkleurige geskenk nie.

“Ek is baie gelukkig met die kar, alles is perfek en ek dink dit is ‘n baie goeie motor vir oud en jonk,” het ‘n hoogs tevrede Corné gespog.

Op die Herald se vraag oor hoe vinnig die kar kan ry, het hy gelag en gesê, “Daaroor sal ons nie praat nie”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version