Prag baadjie vir Ram se allerbestes

Die eerste van die Lurex-baadjies is aan Ram se hoofdogter, Anré Naudé, oorhandig.

Laerskool Randfontein glo daaraan om leerlinge erkenning te gee en te beloon vir prestasies wat hulle met skoolaktiwiteite behaal. Daarom het die skool onlangs ‘n besonderse nuwe baadjie bekendgestel.

Prysuitdelingsfunksies is groot geleenthede, wat baie aandag verdien en met prag en praal aangebied word. Die prysuitdelingsbeleid word konstant hersien en aangepas sodat die leerlinge die korrekte erkenning ontvang.

“Die grootste verandering met die prysuitdelingsbeleid van 2017 is die nuwe Lurex-baadjie.

Leerlinge wat ekstra hard werk en besonder goeie prestasies lewer kom in aanmerking vir die pragtige baadjie,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

Die vereistes vir so ‘n baadjie is baie hoog. Die leerder moet naamlik:

• Erekleure of buitengewone erekleure hê in drie van die moontlike vier afdelings – akademie, sport, kultuur en leierskap.

• Erekleure of buitengewone erekleure vir vyf jaar in een van die afdelings hê, byvoorbeeld in sport of kultuur, en erekleure vir een jaar in een van die ander afdelings – akademie, sport, kultuur en leierskap.

Die eerste van die Lurex-baadjies is aan Ram se hoofdogter, Anré Naudé, oorhandig. Sy is ‘n besonderse leerder wat tydens haar skoolloopbaan al agt keer erekleure of buitengewone erekleure verwerf het.

Anré ontvang die baadjie vir die volgende prestasies:

• Buitengewone erekleure vir leierskap.

• Buitengewone erekleure vir sport – netbal

• Buitengewone erekleure vir akademie – twee maal

• Erekleure vir atletiek – twee maal

Vir die skool is dit ‘n besonder unieke prestasie. Die skoolhoof Leon Haupt, is baie trots op Anré en beskryf dit as ‘n voorreg om die baadjie aan haar te kon oorhandig.

“Ons is baie trots op die mooi prestasies en weet sy gaan dit nog baie ver in die lewe bring,” het Annie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version