Onwettige storter of barmartige samaritaan?

Twee eienaars stamp kop oor bourommelstorting.

Des Stoltz, eienaar van Viva Park and Sell is omgekrap omdat bourommel elke dag oorkant sy besigheid gestort word.

Stoltz bedryf sy twee besighede langs mekaar in Mainweg (R559) al vir twee jaar. Die Herald het hom besoek nadat hy vertel het dat die beweerde eienaar van die eiendom en sy werkers oorkant sy besigheid besig was om afval te stort.

Die bourommel wat reg oorkant Stoltz se besigheid lê..

Stoltz het gesê die sogenaamde eienaar het glo ‘n tuindiensonderneming en dit is net ‘n maklike manier om van bourommel ontslae te raak.

Die Herald het met TC Ndou gesels, wat bevestig het, “I am the owner of the house”.

Ndou het verduidelik dat hulle besig is om die slote in die gedeelte tussen sy perseel en die pad op te vul om dit gelyk met die pad te maak. Hy het vertel dat hy al dikwels vir die munisipaliteit hulp gevra het met die probleem. Hy en sy werkers vul nou self die slote op met die bourommel wat hulle fyner maak en met ‘n laag grond bedek.

Stoltz het gesê dat benewens die onooglike rommel voor sy besigheid, daar nie waterafvoere langs die pad is nie, daarom is daar slote om die stormwater weg te lei.

“As dit nou reën, sal die water nie kan wegloop of in die grond insyfer nie. Dit sal op die pad opdam. Daar is klaar so baie ongelukke op hierdie pad. Dit gaan alles net vererger,” het Stoltz gesê.

Ndou glo dat hy ‘n diens lewer deur die gedeelte voor sy perseel op te vul. “I don’t just do it here, ask the community, I fill potholes when I see them. I am doing my bit for the community. I also try to fix other parts on this road by using old building material,” het hy verduidelik.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version