G’n plek vir gestremdes by munisipaliteit?

Vrou, 58, wat al 14 jaar in 'n rolstoel is, glo dat daar nie genoeg na gestremdes en mense in rolstoele se belange in die dorp omgesien word nie, veral wat parkering en rolstoelhellings betref.

‘n Vrou in ‘n rolstoel is vies vir die Rand-Wes Munisipaliteit.

Sass Jacobs, 58, is al 14 jaar in ‘n rolstoel. Sy het haar een been verloor as gevolg van ‘n motorongeluk in 2004.

Sass het verduidelik dat sy Dinsdagoggend (14 November) bloot haar water- en ligterekening wou betaal. Tot haar ontsteltenis was daar geen parkeerplek vir gestremdes by die munisipale gebou spesifiek in Stubbstraat is nie. Toe sy later wel parkeerplek kry, kon sy nie self met haar rolstoel tot op die sypaadjie kom nie. Haar helper en ‘n karwag het toe probeer om haar met rolstoel en al op die sypaadjie te help, maar toe val sy amper uit die stoel. Sy het haar enkel lig beseer toe sy met haar been probeer keer het dat sy val. Sass het vertel dat sy baie seerder kon gekry het.

Sass Jacobs, 58, glo dat daar oor die algemeen nie genoeg na gestremdes en mense in rolstoele se belange in die dorp omgesien word nie, veral wat parkering en rolstoelhellings betref.

Die Herald het by die gebou gaan ondersoek instel en gesien dat daar blykbaar tans opknappingswerk aan die perseel gedoen word en dat toegang effens beperk is omdat sekere gedeeltes afgesper is.

Lees ook: Gestremdes die deur gewys

Sass glo dat daar teen haar en ander mense met gestremdhede gediskrimineer word en dring daarop aan dat die munisipaliteit iets omtrent parkering vir gestremdes doen en die munisipale perseel toeganklik maak vir hulle.

“Ek dink dit is pateties,” het sy aan die Herald gesê. Sy het vertel dat al is daar glo parkering vir gestremdes by die ander ingang, verkies sy die ingang waar daar tans nie sulke geriewe is nie.

“Hoekom moet ek wat gestremd is die ekstra myl gaan as mense met twee bene reg voor die deur kan stop? Wat as ‘n bejaarde met hul batterygedrewe rolstoele die munisipaliteit wil kom besoek?”

Sass glo dat daar oor die algemeen nie genoeg na gestremdes en mense in rolstoele se belange in die dorp omgesien word nie, veral wat parkering en rolstoelhellings betref.

Tshidiso Tlharipe, Rand-Wes Munisipaliteit-woordvoerder moet nog op die Herald se navrae kommentaar lewer. Hy het intussen beloof, “I will forward the enquiry to various directorates so solicit the responses. After securing the responses, I will respond in detail on the questions.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version