NewsSchools

FJ Wells beloon hul sterre

Annalien du Plessis, die studente se musiekafrigter en departementshoof by FJ Wells, is baie trots op al haar studente.

Op Saterdag,11 November het FJ Wells Musiekskool hulle galageleentheid, optrede en prysuitdeling by die The Hamilton Executive Estate gehou.

Dit was ‘n glansoggend waartydens die studente van die musiekskool die gaste bederf het met musiek en sang uit die boonste rakke. Daar was ook ‘n vioolgroepoptrede, kitaargroep-optrede en een massa item waaraan al die studente deelgeneem het.

Die studente het in verskeie afdelings erkenning gekry. Daar was onder andere spesiale toekennings, Raca algemene instrumentale toekennings en natuurlik die gesogte dux-toekenning.

Annalien du Plessies, Reinardt le Roux en Solly Molemane. Foto: Ingestuur.

Helgard Westraad was die Raca algehele instrumentale wenner. Dit is deur die voormalige adjunkhoof-onderwysspesialis, Ntlalefeng Judge Letsholo aan hom oorhandig. Reinhardt le Roux, wat vir die negende keer as die dux-student aangewys is, het sy toekenning van Solly Molemane, senior onderwysspesialis vir jeug en kultuur ontvang.

Reinhardt is beloon vir sy uitmuntende vokale optredes tydens 14 skouspelvertonings, onder andere by die South African Championship of Performing Arts (Sacopa), die South African Talent Championships (Satch) en die National Eisteddfod Academy (NEA) 2007–2017. Hy het ook 23 medaljes op nasionale vlak, by Satch, Talent Africa en Sacopa gewen. Hy was reeds vier keer lid van die Suid-Afrikaanse span, en is gekies om by AMTC/SHINE in Orlando, Talent America in New York en die WCOPA in Los Angeles te gaan deelneem.

Maryna Booysen, wat reeds twee liedjies van ander bekende kunstenaars vir Eurovision in Afrikaans opgeneem het, het ‘n Ambassador’s-toekenning as uitmuntende solosanger gekry.

Annalien du Plessis, die studente se musiekafrigter en departementshoof by FJ Wells, is baie trots op al haar studente.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button