Nog ‘n skuilpek vir boewe

'n Bouval in Aureus word as nog 'n nes vir kriminele beskou. Ontevrede sakepersone sê hul sê.

Die eienaars van twee besighede is raadop, moedeloos en gefrustreerd oor ‘n bouval oorkant hul winkels wat glo ‘n perfekte wegkruipplek vir kriminele is.

Die Herald het op Woensdag, 8 November daar gaan besoek aflê.

Die bouval wat die perfekte wegkruipplek vir kriminele bied.

Leon Barker, eienaar van Leon’s Service Centre het vertel hoe daar omstreeks 5vm dieselfde oggend by een van sy motors ingebreek is. Die battery is onder andere gesteel. Boonop is vier buitebande van ‘n bakkie twee weke gelede gesteel.

Leon het daarna ‘n elektriese heining aangebring, maar daardie oggend het hulle buitebande gebruik om agter weg te kruip. Die palissadeheining is ook geknip om op sy perseel te kom. Barker, wat sy besigheid al 25 jaar bedryf, het gesê, “Misdaad neem net toe. Ons ly skade weens al die misdaad.”

Die bande wat langs die pad lê, hou ‘n brandgevaar in.

Hy is ook moedeloos oor die ‘besighede’ wat sommer langs die pad oorkant sy besighede opgespring het. Hy het vertel dat die hoop motorbande wat sommer daar gelos is, ‘n groot brandgevaar inhou.

Dirk en Lize Neethling se Xtreme Canopies is net langs Barker se onderneming. Hulle het hul besigheid agt jaar gelede gevestig maar het nou dieselfde probleme as dié waarmee Barker sukkel. Neethling stem saam dat misdaad daar toeneem. Hy het vertel dat die sproeiverfonderneming in hul straat ook al onder misdadigers deurgeloop het.

Die palissadeheining is ook geknip om op Barker se perseel te kom.

Barker en Neething stel voor dat die bouval, wat die afgelope vier tot vyf jaar al so lyk, tot op die grond afgebreek en die bourommel verwyder moet word.

“Mense woon selfs agter die agterste muur van die gebou,” het Barker gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version