Moenie in die verhuur-slaggat trap nie

Nog 'n verhuurder loop onder 'n moeilike huurder deur.

Nog ‘n huiseienaar het vir die Herald vertel van ‘n probleem met haar huurder.

Dit volg op ‘n artikel wat onlangs in die koerant verskyn het oor ‘n gemeenskapslid met ‘n probleemhuurder. Charmaine Kelly van Toekomsrus het ‘n soortgelyke probleem.

Kelly het aan die Herald vertel dat sy vir ‘n geruime tyd nie in die dorp was nie en het besluit om haar eiendom te verhuur tot sy terugkeer. Vroeër vanjaar het sy die huurders in haar huis drie maande kennis gegee, maar hulle het nie getrek nie. Intussen is Kelly werkloos en moet by familie woon omdat sy tans geen inkomste kry nie. Sy is bekommerd, en besef dat baie ander verhuurders ook so ingeloop word.

“Die huurder het ook bouwerk by die huis gedoen en geverf,” het Kelly gesê. Dit het die huurder glo ongeveer R33 000 gekos.

Sy het ‘n prokureursbrief ontvang waarin sy verwittig is dat die huurder die koste van die ‘verbeterings’ van sy maandelikse huur sal aftrek, ten spyte daarvan dat sy geen ooreenkoms in dié verband met die huurder gehad het nie.

Lees ook: Man aangerand deur huurders

Kelly glo dat sy al die nodige stappe gedoen het om die huurder die kans te gee om te trek en het dit op skrif gestel, maar die huurder het verseg om sy handtekening op die kennisgewing te plaas.

“Die huurder stel nou voorwaardes – hy sal trek as ek die R33 000 aan hom terugbetaal,” het Kelly gesê.

Sy en die huurder het albei beëdigde verklarings by die polisie afgelê. Volgens sy verklaring het hy ‘n kennisgewing gekry om die perseel te ontruim, maar die hof het nie ‘n datum bepaal nie.

Kelly het die volgende raad aan eiendomverhuurders:

• Moenie voor die voet aan enigeen verhuur nie – gaan eers die aansoeker se geskiedenis na

• Stel ‘n kontrak op en spesifiseer alles duidelik

• Bepaal self die reëls

• Moet geen herstelwerk toelaat nie

• Sorg dat jy weet wat op jou eiendom aangaan

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version