Leer ‘n Teiner ken #41 – Sam Carelse

Die 41e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Die Herald het onlangs in die 41e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Samantha (Sam) Carelse, 30, ontmoet.

Sam, wat al 12 jaar in die dorp woon, is oorspronklik van Toekomsrus. Sy woon tans in Greenhills. Sy het aan die Herald vertel dat haar ouma al baie jare in die dorp bly.

Sy is die trotse ma van twee seuns. Vir haar is R’tein ‘n fantastiese dorp en die gemeenskap altyd vriendelik. Sy het vertel dat sy nooit wil trek nie en dat die gemeenskap haar baie na aan die hart lê.

Sami s die Direkteur van Toekomsrus Philantropic Foundation (TPF) Arts and Pageant Academy wat minderbevoorregte kinders afrig en modelle van hulle maak. Die akademie is betrokke by verskeie organisasie in Toekomsrus en so is sy ook self baie betrokke in die gemeenskap.

Mense ken Sam as ‘n baie gawe en hardwerkende gemeenskapsleier. Sy is altyd betrokke by haar studente, glo in hulle en staan bankvas agter hulle.

“Baie mense ken my as die modeljuffrou wat ‘n verskil in kinders se lewens wil maak, en as iemand wat ander leer om weer te droom,” het Sam vertel.

Haar droom is om eendag ‘n jeugkunssentrum in die gemeenskap te open waar die jongmense kan leer dans, sing, kunswerke skep en hul talente kan ontwikkel.

Sam het aan die Herald vertel dat die gemeenskap van Toekomsrus daarvan hou om haar “Sam the man” te noem, omdat sy so ‘n fantastiese persoon is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version