Local newsNews

Die gemeenskap hou heerlike karnaval

Die dag was 'n groot sukses en die organiseerders beplan om dit 'n jaarlikse instelling te maak.

Die afgelope Saterdag, 4 November was ‘n heerlike somersdag waarop die gemeenskap in massas by die Greenhills Sportstadion opgedaag het.

Die trekpleister was die OAC (Old Apostolic Church) Karnaval met waterglybane, ‘n kleurvolle wedloop en ‘n skuimpartytjie.

Die jongklomp het hul gate uit geniet op die waterglybane en springkastele, en ‘n modeparade het die gehoor laat snak na hul asems.

Lwazi Mpungose het die waterglybane baie geniet.

Die organiseerder, Martin van Jaarsveld het aan die Herald vertel dat die wins van die karnaval aan minderbevoorregte kinders in die gemeenskap geskenk gaan word.

Die Polisie se Honde- (K9-) eenheid, wat ‘n vertoning gegee het van ‘n paar aspekte van hul daaglikse werk, was een van die kinders se gunstelinge.

Daar was heeldag heerlike musiek en bekende plaaslike kunstenaars soos Jessie Boston, Ami Mong, Maryna Booysen en Brigitte October het die gemeenskap met hul optredes vermaak.

Die modeparade met ‘n karnavaltema het deelnemers van oral oor gelok en was ‘n groot sukses.

Van die deelnemers van Toekomsrus wat deelgeneem het.

Die wenners van die ses modeparadekategorieë was as volg:

Ses tot agt jaar:
• Wenner: Thato Letiatsa
• Eerste prinses: Elenka Terblanche
• Tweede prinses: Teagon Vorster

Nege tot 11 jaar:
• Wenner: Baipelo Tlhabi
• Eerste prinses: Hailey Fourie
• Tweede prinses: Zhané van den Heever

12 tot 14 jaar:
• Wenner: J-Dee Hild
• Eerste prinses: Lebogang Sefara
• Tweede prinses: Cassidy Hogins

15 tot 17 jaar:
• Wenner: Tyllin Barnard
• Eerste prinses: Zinhle Mboweni
• Tweede prinses: Priscilla Banoo

18 jaar plus:
• Wenner: Gabriella Phillips
• Eerste prinses: Monique van Loggenberg
• Tweede prinses: Tshifhiwa Mhlonga

Algehele wenners:
• Wenner: Thato Lehatsa
• Eerste prinses: Baipelo Tlhabi
• Tweede prinses: Tyllin Barnard

Die dag was so ‘n groot sukses dat die organiseerders dit ‘n jaarlikse instelling wil maak. Martin bedank graag almal wat gehelp het om die karnaval te laat slaag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button