NewsSchools

Riebeeck sê dankie met kaas en wyn-funksie

Hoërskool Riebeeckrand bedank hul beheerliggaam en borge met 'n kaas en wyn-aand.

Op Woensdag, 1 November het Hoërskool Riebeeckrand ‘n Kaas en Wyn-funksie aangebied vir hulle beheerliggaam en borge wat met hul gholfdag gehelp het.

Dit was in die buitelug met kerse oral. Al die gaste was baie op hulle gemak en lekker saamgekuier.

Annelize van den Berg, skoolhoof het die aand begin deur die beheerliggaam, borge and ander gaste te bedank vir hulle lojaliteit.

Christo Hechter en John Wray, albei op Hoërskool Riebeeckrand se beheerliggaam.

“Ons is God se skool en vir Sy genade en seën is ons baie dankbaar,” het Annelize gesê.

Die kos, behalwe vir die kaas en wyn, was iets uit ‘n droomwêreld en duidelik dat Hoërskool Riebeeckrand hul ondersteuners baie waardeer.

Carel en Bianca Reichel, borge van Riebeeckrand se Gholfdag en ouers van ‘n leerder in die skool.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button