Neem deel vir kanker

Die dag verg deelnemers wat vriende, bure, gesinne en mede-werkers kan wees om ten minste een spanlid te alle tye vir 12 uur om die baan te laat loop.

Van Saterdagmiddag om 12 uur tot Saterdag om middernag op 25 November gaan daar by Hoërskool Riebeeckrand heerlike gekuier word en dit vir ‘n goeie doel.

The Power of Purple is ‘n gebeurtenis wat jaarliks ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) aangebied word. Cansa self is die hooforganiseerder van die geleentheid waartydens fondse ingesamel word vir onderwys-, sorg- en ondersteuningsdienste vir kankerlyers.

Daar sal verskeie stalletjies met kos en vermaak, soos gesigverf wees, en ‘n springkasteel en nog vele meer sal baie pret vir jonk en oud verseker. Gaskunstenaar, Tanya V sal die aanwesiges vermaak.

Relay For Life is ‘n prettige spangebeurtenis, maar belangstellendes kan ook individueel deelneem. Spanne bestaan gewoonlik uit die vriende, bure, gesinne en kollegas van mense wat deur kanker geraak is. Gedurende die 12 uur moet minstens een lid van elke span te alle tye om die baan stap of draf. Die simboliek is dat kanker nie sluimer of slaap nie.

Kontak vir Thea by 072 342 0008 vir meer inligting.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version