Menslike ontlasting as bemesting?

"Dit is ondraaglik. Ons wil van ons huise af vlug." sê Benz.

Johan Benz en ander inwoners van Venterspos het ‘n reuse probleem met ‘n boer in die omgewing wat menslike ontlasting gebruik om sy lande te bemes.

Benz het vertel dat dié probleem al amper ‘n maand gelede ontstaan het. “Dit is ondraaglik. Ons wil vlug. Die vlieë is orals. Hulle gaan sit selfs op ‘n mens se gesig.”

Die swart hoop in die agtergrond is die menslike ontlasting.

Die Herald is saam met Benz na die lande toe en het die stank self beleef. Hy het vertel dat daar daagliks drie trokke van Lenasia af kom om die ontlasting af te laai – glo bedags en nags.

Benz het met die boer gaan praat, maar dié het na bewering gesê dat as Venterspost se mense nie daarvan hou nie, hulle vir hom gewone kompos moet koop. Die boer het beweer dat hy menslike ontlasting mag gebruik, mits dit nie nader as 250 meter van woonhuise af gestrooi word nie.

Lees ook: Municipality rids town of stink

Die Herald het die boer telkemale geskakel en hy het ‘n kontaknommer gegee van ‘n vrou wat glo sy regte kon bevestig, maar sy kon na vele probeerslae nie bereik word nie.

Die Herald het die munisipaliteit se Gesondheidsdepartement geskakel, en hulle het onderneem om die saak te ondersoek.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version