Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #40 – Eddie Gouveia

Die 40e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

In hierdie week se aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, het die Herald met Eddie Gouveia, 23, kennis gemaak.

Eddie is die bestuurder van ‘n plaaslike drankwinkel en het aan die Herald vertel dat hy ongeveer 20 jaar reeds in R’tein woon. Hy voel dat die dorp sy huis is en dat die gemeenskap baie vriendelik is. Vir hom is die nuwe gimnasium ‘n groot aanwins vir die dorp en hy hou daarvan om daar te oefen.

“Ek hou daarvan om gesellig te wees en ek maak baie vinnig vriende,” het Eddie gesê.

Hy spandeer sy vrye tyd saam met vriende en familie en probeer soveel as moontlik die lewe geniet.

Hy het ook vertel dat hy daagliks met die gemeenskap te doen het en dat die hele gemeenskap hom reeds ken. Die onlangse Festa Portuguesa was vir hom soos elke ander jaar ‘n groot hoogtepunt omdat hy self Portugees-sprekend is. Hy glo dat die fees R’fontein se naam hoog hou.

“Ek geniet ook Portugese kos maar ongelukkig het R’tein nie Portugese restourante nie,” het Eddie gesê.

Sy kollegas beskryf hom as ‘n vriendelike persoon met ‘n goeie hart en ook iemand wat nooit kwaad word nie. Hulle geniet dit om saam met hom te werk.

Eddie het vertel dat dié wat hom nie Eddie noem nie, vir hom ‘Porra’ sê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button