Local newsNews

Voormalige Glenharvie-inwoner ‘n Top 10 Mnr SA-finalis

Jacob wil graag Randfontein trots maak deur die titel te wen.

Voormalige Glenharvie-inwoner Jacob Bronkhorst, 28, is ‘n Top 10-finalis in die Mnr Suid-Afrika-kompetisie.

Jacob het in Glenharvie grootgeword en sy skoolloopbaan aan Hoërskool Westonaria voltooi. Hy het aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer en ‘n graad in onderwys behaal. Hy was voorheen ‘n onderwyser by Hoërskool Riebeeckrand.

Jacob is ook ‘n spraak- en oudiologieterapeut, ‘n gekwalifiseerde en geregistreerde MIV/ Vigs-berader en die eienaar van Study-on Tutoring Agency.

Hy is in Maart as ‘n Top 100-finalis aangewys. Hy het aan die Herald vertel dat die finaliste baie liefdadigheidswerk gedoen het.

“Die reis het my laat besluit om op bejaardes en mense met fisieke gebreke te fokus. Ons moes ook elkeen minstens R10 000 insamel vir Cansa,” het Jacob gesê.

In Augustus het hy die nuus ontvang dat hy die Top 20 gehaal het. Hy het veral die uitdagings geniet wat aan die finaliste gestel is. Hulle moes vir 30 dae verskeie dade van nederigheid verrig deur onder andere vir minderbevoorregte mense te ondersteun en te help waar moontlik.

“Dit is waarom ek vir die kompetisie ingeskryf het – om mense te help en hulle te sien groei,” het Jacob gesê. Hy het verder vertel dat hy self deur die kompetisie ook daagliks as mens groei.

Die finaliste se laaste uitdaging was aan die begin van September toe hulle fondse moes insamel vir Choc, ‘n organisasie vir kinders met kanker. Jacob het die vyfde meeste geld ingesamel. Daarna het hy gehoor dat hy ‘n Top 10-finalis is.

Jacob is baie opgewonde en reeds hard aan die werk en oefen om sy drome te bewaarheid.

Mnr Suid-Afrika word op 25 November aanwys. Die gemeenskap kan vir Jacob stem deur MRSA036 te sms na 47439. Sms’e kos R3.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button