CrimeNewsUpdate

Vermoorde Poppie: Stiefpa en ma weer in hof

Stiefpa en biologiese ma van die vermoorde Poppie, 3, binnekort in hof vir haar moord.

Kobus en Louisa Koekemoer, die twee beskuldigdes in die moord op klein Poppie van der Merwe, 3, se verhoor begin Maandag, 30 Oktober in die Hooggeregshof in Pretoria.

Dit is nog nie duidelik of Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, wat in Westonaria woon, die verhoor sal bywoon nie.

Lees ook: Poppie at rest, but SA is outraged

Poppie is op 25 Oktober 2016 op pad na ‘n hospitaal in Brits dood nadat sy glo wreedaardig aangerand is. Kobus Koekemoer (Poppie se stiefpa) is kort na haar dood gearresteer. Op 24 Januarie het die Herald berig dat hy op 23 Januarie in die tronk probeer selfmoord pleeg het.

Lees ook: Stiefpa van vermoorde Poppie kry regshulp

In Desember is Louisa Koekemoer (Poppie se ma) ook in verband met Poppie se dood in hegtenis geneem. Die klag teen albei is moord.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button