Huise word deesdae so gemerk

Die Herald het die plaaslike GPF genader waar hul waarskuwingtekens geïdentifiseer het en ook wenke vir die gemeenskap.

Verskeie mense in die gemeenskap het onlangs vreemde items voor hul huise begin opmerk.

Dit het aan die lig gekom dat skelms verskeie items gebruik wat bepaalde betekenisse het om mense se huise te teiken. ‘n Plaaslike inwoner wat anoniem wil bly, het aan die Herald vertel dat sy die afgelope week ongeveer twee maal ‘merkers’ voor haar huis moes verwyder.

Lees ook: Impact of house robberies on victims, families

Gerhard Labuschagne, lid van die Sektor 4 GPF, het vir die Herald waarskuwingtekens geïdentifiseer en vir die gemeenskap ook veiligheidswenke gegee.

“As jou honde in die nag blaf, luister na hul tipe blaf. Skoene by jou hek is gewoonlik ‘n aanduiding dat daar niemand bly. As jy iets verdag sien, laat jou straatgroep dadelik weet, en bel jou reaksiemense of druk die paniekknoppie,” het Gerhard voorgestel.

Wees op die uitkyk vir die volgende:
• ‘n Z op stopteken of op pad geverf
• Klippies wat op mekaar gestapel is
• Twee groot klippe langs mekaar
• Klippe in ‘n ry gepak
• Swastika (Nazi-teken) op stopteken of op pad geverf

Kleure: 
• Rooi Coke-blikke, rooi lap – enigiets rooi – dui aan dat weerstand verwag word, gewoonlik deur vuurwapens
• Wit, soos ‘n plastieksak – maklike teiken
• Groen – rigtingaanwyser
• Blou – iemand in die huis sal saamwerk
• Blou en wit – maklike teiken en iemand sal saamwerk

Pasop vir die volgende ‘sagte’ metodes wat die diewe gebruik:
• Iemand bel jou huis of selfoon om te hoor of jy by die huis is
• Krag word by die boks afgeskakel of water word by die hoofkraan in die straat toegedraai om jou buite toe te lok
• Elektroniese hekke word vasgemaak en sodra jy uit jou voertuig klim, word jy oorval
• Vreemde voorwerpe – as jy by die huis kom en daar is skielik ‘n asblik, kartonboks, baksteen of ‘n boomtak by jou hek

Wat jy moet doen:
• Verwyder die tekens onmiddellik en gooi dit in die asblik
• Hou sypaadjies netjies en gras kort sodat niks daarin weggesteek kan word wat jou as ‘n teiken kan identifiseer nie
• Wees paraat en kyk om jou na enige tekens wat vreemd is by jou huis en in jou omgewing
• Maak gereeld jou posbus leeg
• Maak seker dat die hek agter jou toegaan voordat jy in jou erf uit jou voertuig klim
• Maak seker jy het jou huishulp, tuindienste of mense wat by jou huis kom werk se besonderhede
• Leer jou bure ken, begin ‘n WhatsApp-groep vir jou straat en gee om vir mekaar

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version