Bewusmaking oor plaasmoorde

Wat jy moet weet oor Maandag se veldtog teen plaasmoorde – die bymekaarkomplek en dies meer.

Suid-Afrika is die afgelope week geruk deur die vlaag plaasaanvalle regoor die land.

Die nagenoeg 11 plaasaanvalle waartydens vier mense gesterf het, bewys dat dit buite beheer is. Honderde mense het al familielede, vriende en kennisse op dié manier verloor.

Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum was daar sedert die begin van die jaar minstens 347 plaasaanvalle waartydens 68 mense vermoor is.

Die plaaslike gemeenskap het besluit dis tyd vir aksie en gaan gevolglik op Maandag, 30 Oktober om 5vm by Uncle Harry’s in Randfontein byeen kom en van daar af in ‘n konvooi na die Paardekraal-monument en terug ry. Daar sal skriflesing en gebed wees voor die konvooi vertrek. Dit sal ‘n vreedsame bewusmakingsveldtog wees.

“Ons is daar om vir ons boere op te staan teen misdaad en moord. Ons gaan swart T-hemde dra om te rou oor ons boere wat vermoor is. Ons hoop om almal daar te sien,” het gemeenskaplid Tinus van Deventer gesê.

Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het aan die Herald vertel dat die taklede ook Maandag swart T-hemde sal dra en swart vlae sal vertoon.

Geen strate gaan afgesper word nie.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version