Ek’t die oplossing vir ons waterkrisis

Jannie is 'n inwoner van Homelake wat glo hy't die oplossing tot die land se waterkrisis.

‘n Inwoner van Homelake glo dat hy die oplossing het vir Suid-Afrika en veral die Wes-Kaap se waterkrisis.

Jannie van Zyl, 76, het twee maande gelede van Mooinooi in Noordwes na R’tein toe verhuis.

Hy is ‘n kenner van yskaste en weet hoe gas en water werk. Hy eksperimenteer al ‘n geruime tyd met metodes om water op ‘n natuurlike manier te verkry. Hy glo dat mense sy kundigheid op die gebied onderskat, maar dat sy bevindinge ‘n groot deurbraak in die land se waterkrisis kan meebring.

Also Read: UPDATE: Water crisis – The end is in sight

Jannie van Zyl glo hy het die oplossing vir Suid-Afrika se waterkrisis.

“Daar is mense wat water op ander maniere probeer verkry, maar hulle kry dit in klein hoeveelhede,” het Jannie gesê.

Dit is sy prioriteit om groot hoeveelhede water te lewer. Jannie het aan die Herald vertel dat hy al binne 30 minute reeds 21,5 liter water geproduseer het en dat hy op groot skaal miljoene liter water sal kan lewer. Hy het gesê die proses wat hy volg is eenvoudig – die Son trek water vanaf die Aarde en hy gebruik die vog om water te verkry. Hoe meer vog in die lug, hoe meer water kan verkry word, het hy verduidelik.

Jannie se grootste droom is nie rykdom nie, maar om die land uit sy waterkrisis te help. Hy het reeds kliënte wat belangstel in sy idee, maar benodig beleggers om die projek ‘n werklikheid te maak.

Jannie kan gekontak word by 072 159 9712.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version