Rappies speel Master Chef!

Rappies se Graad 7's maak kos uit Van Riebeeck se tyd!

Laerskool Rapportryer het Erfenisdag op ‘n spesiale manier gevier toe die Graad 7’s Maleise kos voorberei het.

Die Graad 7-leerders in Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis moes ’n gereg maak wat die slawe wat in Jan van Riebeeck se tyd in die Kaap was, aan die nageslag oorgedra het.

Die leerders het baie opgewonde deelgeneem aan die projek en het met die oulikste disse vorendag gekom. Hulle het van vroeg af gekook en het ook baie moeite gedoen met die tafelversierings.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version