Byna 1 500 bale voer oppad na Pofadder

Vroeë kersgeskenk in die vorm van 1 400 bale voer oppad Pofadder toe vanaf Randfontein.

Inwoners en boere in die Noord-Kaap is op hul knieë weens vanjaar se droogte wat as die derde ergste in 57 jaar beskou word.

In Augustus het ‘n plaaslike boer saam met AfriForum R’fontein die boere van Pofadder en Calvinia in die Noord-Kaap gehelp met bale veevoer. Nou, twee maande later het Sungate Farms besluit om twee vragte veevoer Pofadder toe te stuur. Altesaam 1 400 bale voer is op Dinsdag 24 Oktober vanaf Randfontein vervoer sodat dit ongeveer 955km verder by die boere in nood afgelaai kan word. Hendrik van Wyk Vervoer neem die voer gratis soontoe.

Vir die agt boere wat die veevoer ontvang sal dit ‘n vroeë kersgeskenk wees.

Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het aan die Herald vertel dat hy foto’s ontvang het van die boere in die droogtegeteisterde gebiede en dat die nood duidelik baie groot is.

“Sungate Farms het die voer aan AfriForum R’fontein geskenk, waarna ons besluit het dat dit Pofadder toe moet gaan,” het Matiam gesê.

Matiam doen ‘n beroep op die hele gemeenskap en plaaslike besighede om betrokke te raak sodat die boere in nood gehelp kan word. Vir meer inligting, kontak Matiam by 084 411 2512 of matiamvv@gmail.com.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version