Leer ‘n Teiner ken #39 – Blommie Calitz

Die 39e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 24 Oktober, het die Herald in die 39e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Francina (Blommie) Calitz, 50, ontmoet.

Blommie het in Randfontein grootgeword en woon feitlik haar lewe lank in die dorp. Sy is getroud, het drie seuns en vier kleinseuns. Sy en haar man het ‘n rukkie gelede verhuis, maar gou teruggekom R’ftein toe omdat dit hul huis is.

“Bedags pas ek twee van my kleinkinders op, wat baie vreugde in my lewe bring,” het Blommie gesê.

Alhoewel hulle oor die jare in R’tein baie vreugde en geluk geken het, het hulle as familie ook baie hartseertye in die dorp beleef. Blommie het aan die Herald vertel dat haar skoonma vermoor is, haar broer doodgeskiet is en dat haar seun verlam is as gevolg van ‘n skietvoorval.

“Al het al die negatiewe dinge met ons familie gebeur, sal ons steeds nie trek nie,” het Blommie gesê.

Haar hart lê in R’tein en vir haar is dit ‘n heerlike plek, omdat die gemeenskap mekaar altyd groet en belangstelling toon. In haar vrye tyd verf en bak sy, en is kreatief. As gesin hou hulle daarvan om oor naweke by vriende en familie te kuier, en om daagliks in die tuin te werk.

Haar grootste droom is dat haar kinders en kleinkinders gelukkig sal wees en net sukses sal behaal.

Die mense ken haar as Blommie, nie soseer omdat sy van blomme hou nie, maar omdat haar oupa, toe sy klein was, gesê het dat sy soos ‘n regte blommetjie lyk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version