NewsSchools

Onvergeetlike fees by Jannas

Vasti, Hanco, Hayley Clarke, Sherrilee, Linda Killian, Gert Koevert, Thys die Bosveldklong en Kurt Darren het gesorg vir hope pret en plesier!

Op Saterdag,14 Oktober was daar groot opwinding tydens Hoërskool Jan Viljoen se langverwagte Jannas Fees.

Die dag het begin met ‘n fees vir sakepersone, wat groot makietie gehou het terwyl kunstenaars soos Vasti, Hanco, Hayley Clarke, Sherrilee, Linda Killian, Gert Koevert en Thys die Bosveldklong vir hope pret en plesier gesorg het!

Paula Jade Lisher vang gees. Foto: Facebook.

Die skool bedank elke onderneming wat deel was van hierdie spoggeleentheid. Dit was aangenaam om te sien hoe die sakepersone mekaar leer ken en onderneem het om mekaar te help om plaaslike besighede te laat groei en te bevorder.

Daarna is die sportterrein oopgestel sodat die publiek die fees kon bywoon. Laerskool Rapportryer se koor het saam met Karlien Husselman die fees afgeskop, gevolg deur optredes deur Thys die Bosveldklong; die Hoërskool Riebeeckrand se koor saam met Andriette; Saarkie; Jannas pom-poms en Laerskool Randfontein se koor saam met Kurt Darren. Hulle het vir ‘n onvergeetlike aand gesorg.

Kurt Darren by die Jannas Fees. Foto: Ingestuur

Hoërskool Jan Viljoen bedank graag al hul borge, naamlik SA Bouerye, Adaan Grove, Ben Morgenrood, Braam Bosman, Captain Liquor, Circle Rail, Eddie Domoney, Japie Visser, MAD Entertainment, Monument Toyota, Plusnet, Van Wyk Electrical, Vodacom, San Pedro Spur, EPR Sekuriteit asook vir Fanie, Jan en span.

“Sonder julle sou hierdie dag nie ‘n sukses kon wees nie. Ons sê ook baie dankie aan die gemeenskap, en elke leerder en ouer wat ons met dié projek ondersteun het .

“Volgende jaar gaan ons weer groot!” het Tanya Cowan, een van die organiseerders van die fees belowe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button