Local newsNews

Skenk items vir ‘n goeie doel

Met die feestyd om die draai en talle minderbevoorregtes in nood is daar 'n lig – die Multi Charity Shop.

Daar is ‘n groot nood in die dorp, maar in dieselfde asem is daar ook organisasies wat bereid is om te help.

Met die feestyd om die draai is Multi Charity Shop presies wat die naam sê. Dié niewinsgewende organsisasie se deur en hart is oop om die hele gemeenskap wat in nood is te help. Die organisasie het ongeveer ‘n jaar gelede sy deure geopen en trek binnekort in ‘n groot winkel in Randgate in.

Monica en Craige Lancellas is die eienaars van Multi Charity.

Randfonteiner Monica Lancellas het aan die Herald vertel dat die Here haar geroep het om behoeftige mense in die gemeenskap te help. Sy het toe besluit om saam met haar man, Craige, ‘n winkel oop te maak wat tweedehandse items en skenkings deur die gemeenskap verkoop. Die items sluit in klere, huisbenodighede, linne en herbruikbare goedere.

“Die gemeenskap bring vir ons items, dan verkoop ons dit. Die geld word dan gebruik om kospakkies aan minderbevoorregte persone te gee.

Indien ons iets in die winkel het wat ‘n behoeftige persoon nodig het, dan gee ons dit vir hulle,” het Monica gesê.

Monica vra dat die gemeenskap behoeftige mense vir hulle identifiseer om hul nood te verlig.

Sy is baie opgewonde oor hul projek vir die feestyd wat onlangs afgeskop het. Die projek behels dat gemeenskapslede elk vyf huishoudelike items skenk wat in die Kerstyd aan behoeftiges uitgedeel gaan word.

Besoek gerus hul winkel by Uniestraat 42 of skakel vir Monica by 072 813 0192.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button