Plaaslike nuusanker geniet die kollig

Ontmoet Stefanie van Culemborgpark wat haar grootste droom as nuusanker vir die African News Network (ANN7) uitleef.

Stefanie Jansen van Vuuren, 24, van Culemborgpark leef haar droom uit as nuusanker op nasionale vlak.

Stefanie is in Randfontein gebore en getoë. Sy het haar skoolloopbaan by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp voltooi.

Die gemeenskap gaan nog baie van haar hoor en sien.

“Hier het my liefde vir die uitvoerende kunste werklik begin en my talent begin ontwikkel. Ek het aan verskillende musiekblyspele deelgeneem,” het Stefanie gesê.

Na haar skoolloopbaan het sy haar studies in Sosiale Wetenskappe en ook haar nagraadse diploma in besigheidsbestuur by NWU-Pukke voltooi. Sy is lid van die Golden Key International Honour Society for Academic Excellence, ‘n organisasie wat erkenning gee aan akademiese uitnemendheid.

“Alhoewel ek gedink het universiteit gaan net studies wees, het die Here my gou verkeerd bewys en so het my liefde vir die verhoog weereens ‘n groot rol begin speel,” het Stefanie gesê.

Stefanie op stel.

Vir haar was universiteit ‘n lewensveranderende ervaring. Daar het sy geleer hoe om selfstandig te wees.

Haar grootste droom is ongeveer twee jaar gelede bewaarheid toe sy as nuusleser by African News Network (ANN7) aangestel is. In haar tydperk by die kanaal het sy ook haar eie natuurleweprogram aangebied, wat vir haar ‘n onvergeetlike ervaring was.

Sy is deesdae feitlik elke dag tydens spitskyktyd, wanneer die hele familie televisie kyk, een van die nuusankers. Sy was ook al ‘n nuusvervaardiger en kopieskrywer.

Stefanie in die nuusateljee.

‘n Tipiese dag vir Stefanie begin omstreeks 8vm met ‘n koppie sterk koffie en ‘n goeie oefensessie. Teen 12 uur smiddae begin die pret, het sy vertel.

“My grimering en hare word versorg en hulle maak seker ek lyk netjies en professioneel genoeg vir die dag. As jy daar uitstap voel jy soos ‘n prinses,” het sy gesê.

Die nuusbulletins wat sy anker is van 2nm tot 3nm, en dan weer om 6nm. Haar dag eindig omstreeks 10nm.

Mense gaan nog baie van haar sien en hoor.

Sy glo die moeilikste gedeelte van die werk is om te maak asof niks fout is nie, al is alles fout. Sy glo haar lewensverhaal het nou maar eers begin en die gemeenskap kan verwag om nog baie van haar te sien en te hoor. Met nuwe musiekprojekte op die horison en ‘n loopbaan wat skaars begin het, is die wêreld voor haar oop en gryp sy elke geleentheid aan. Sy glo haar familie is die rede waarom sy vandag so suksesvol is.

ANN7 is op DStv Kanaal 405 en YouTube Ann7 Live Stream.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version