NewsSchools

Riebeeck-matrieks op die rooi tapyt

Matrieks van Hoërskool Riebeeckrand het weer uitgehaal en gewys tydens die matriekafskeid.

Die 2017 Graad 12-groep van Hoërskool Riebeeckrand het op Vrydag, 13 Oktober hul skoolloopbaan op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hulle vir oulaas saam as ‘n groep tydens hul matriekafskied by Usambara gekuier het.

Vanjaar se matriekafskeid was soos altyd elegant, spesiaal en baie mooi.

Alicia Jacobs en Richard Meyer.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het aan die Herald vertel dat jy elke leerder deur ‘n ring kon trek. Sy het ook vertel dat dit vir die onderwysers heerlik was om te sien hoe die leerders hulself geniet het.

“Jy kon sien dat elke paartjie hul uitrustings goed deurgedink het en dat daar baie moeite vir die aand gedoen is,” het Elzeri gesê.

Die leerders het in ‘n groot verskeidenheid voertuie opgedaag – van gholfkarretjies, eksklusiewe ou motors tot motorfietse was van die gunstelinge. Sy het vertel dat hulle glad nie soos skoolkinders gelyk het toe hulle op die rooi tapyt na die lokaal toe gestap het nie, maar wel soos jongmanne en -dames wat reg is vir ‘n nuwe lewensreis.

Daar was natuurlik dié wat verkies het om die funksie sonder ‘n metgesel by te woon en die aand saam met hul vriende te geniet.

Danie Theunissen en Twanette Thoms.

Die tafels was elegant gedek met goud en Proteas. Elke leerder het ook ‘n geskenk gekry om huis toe te vat. Die dogters het pêreloorbelle gekry en die seuns ‘n nougat-lekker.

Die kos was uit die boonste rakke en die leerders het tot middernag partytjie gehou.

Die leerders gaan op Vrydag, 20 Oktober finaal afskeid neem deur vir die laaste keer deur die skool se poort te stap.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button