Leer ‘n Teiner ken #38 – Willem Verwey

Die 38e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 17 Oktober, het die Herald in die 38e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Willem Verwey, 38, ontmoet.

Willem is in Randfontein gebore en het hier grootgeword. Hy woon tans in Toekomsrus en is die bestuurder van ‘n plaaslike kwekery. Hy is ‘n alleenloper en die trotse pa van vyf kinders.

Willem het aan die Herald vertel dat sy kinders vir hom vrede bring en dat hulle hom gelukkig maak.

Vir Willem is dit ‘n plesier om elke dag werk toe te gaan. Hy het vertel dat die gemeenskap vriendelik is en dat dit wonderlik is om daagliks met die Here se skepping te werk.

Kyk hier:

“Die werk is my tweede huis en my werkgewers is soos familie. Ons lag lekker saam,” het Willem vertel.

Sy gunsteling blom is sterjasmyn omdat dit baie lekker ruik. Vir hom is Randfontein sy huis en die inwoners dierbaar. Willem het trots aan die Herald vertel dat die gemeenskap hom ken en dat verskeie mense elke middag op pad huis vir hom toeter blaas soos hulle hom groet.

Hy glo dat die kwekery mense se gemoed ligter maak en dat die heerlike geure van die verskillende plante jou gelukkig maak.

Sy gunsteling plek in R’tein is die Village Square-winkelsentrum waar hy en sy kinders tyd saam spandeer.

“Mense sien nie altyd die potensiaal van die dorp raak nie, net die negatiewe, maar eintlik moet hulle besef dat daar soveel meer aan die dorp is,” het Willem gesê.

Willem het laggend aan die Herald vertel dat sy medewerkers en werkgewers hom as “Wit Willem” ken omdat hy altyd vol grappies is en mense probeer opbeur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version