NewsSchools

Die Ramkiekie sesde in SA!

"Uitstekende koerant en besonderse voorbladfoto" is beoordelaars se woorde oor Laerskool Randfontein se skoolkoerant, Die Ramkiekie.

Laerskool Randfontein se skoolkoerant, Die Ramkiekie, het tydens die nasionale skoolkoerantkompetisie uitstekend gevaar.

Die skool spog met ‘n tweede plek in die Beeld-streek en die sesde plek in Suid-Afrika.

Die Ramkiekie bestaan al vier jaar en word elke jaar vir die kompetisie ingeskryf.

“Die 10e uitgawe van die koerant is ingeskryf en ons het die beste prestasie tot nog toe behaal,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesĂª.

DiĂ© skoolkoerant word saamgestel onder leiding van Annie en Celeste Pretorius. Die redaksie bestaan uit drie Graad 7-leerders en agt Graad 6-leerders. Vyf onderwysers skryf elke kwartaal ‘n spesiale artikel vir die koerant.

Die kommentaar van die beoordelaars was dat Die Ramkiekie ‘n lekker verskeidenheid artikels bevat met al die basiese elemente. Daar is ook genoem dat die uitgawe ‘n besonderse voorbladfoto het en oor die algemeen ‘n uitstekende koerant is.

“Laerskool Randfontein se doelstelling met ons kwartaallikse skoolkoerant is om ons ouers en die omliggende gemeenskap op hoogte te hou van die belangrikste gebeure in ons skool. Daar word erkenning gegee aan die leerders se besondere prestasies in die klaskamer, op kultuurgebied en die sportveld. Die Ramkiekie fokus daarop om ons lesers op datum te hou en om hulle te motiveer en om prestasies te vier,” het Annie gesĂª.

Annie is uiters trots op die redaksie en wat hul bereik het. Hulle het verlede jaar ‘n doel gestel om deur harde werk baie beter in die kompetisie te vaar.

Die redakteurs en die Graad 7-redaksielede is uitgenooi na die prysuitdelingsfunksie wat binnekort by Media24 in Aucklandpark plaasvind.

Dit beloof om soos altyd ‘n spog funksie te wees waar al die wenskole hul pryse sal ontvang. Die span is baie opgewonde om die geleentheid by te woon.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button