Claudette — R’fontein se unieke kunstenares

Ontmoet Claudette, die skilder wat met 'n spesiale verftegniek uiting aan haar kunstalent gee.

Daar is geen keer aan Claudette Gerber, 30, van Greenhills se passie vir skilder nie. Sy gebruik ‘n spesiale verftegniek om uiting aan haar kunstalent te gee.

Die Herald het Claudette by ‘n plaaslike byeenkoms raakgeloop waar sy vir die eerste keer haar skilderye uitgestal het. Claudette se talent is opvallend en die Herald het besluit om haar oor haar skilderye en verftegnieke uit te vra.

‘n Pragtige ballerina.

Claudette het geen formele skilderopleiding gehad nie, maar het kuns op skool geneem. Sy het vir ‘n paar jaar op ander dinge gefokus en eers in 2009 besluit om weer haar liefde vir verf uit te leef. Sy het in vexel-kuns belang gestel, navorsing daaroor gedoen en die tegniek begin toepas. Haar gunsteling kunstenaar is Andy Worrall.

Sy het vertel dat sy al 29 skilderye voltooi het, en dat een skildery haar van ‘n week tot twee maande kan neem om te voltooi. Sy gebruik akrielverf. Haar werke is te koop, en die pryse begin by R800. Die grootte bepaal gewoonlik die prys.

Claudette se stalletjie by Sungate Farms se 22ste verjaarsdag.

Haar grootste droom is om voltyds te skilder, en sy wil gou weer haar kunswerke uitstal.

Claudette is getroud, is die ma van ‘n tweejarige kleuter en het ‘n voltydse werk. Ondanks al haar verantwoordelikhede maak sy genoeg tyd om te skilder.

“Die probleem is dat as jy begin, kan jy nie ophou skilder nie,” het Claudette gesê.

Hierdie skildery is op die spel vir iemand wat haar Facebook-blad ‘like’.

Glaudette het aan die Herald vertel dat sy haar proteaskildery as ‘n prys sal skenk aan iemand wat haar Facebook-blad CG Art sal like.

Enigiemand wat belangstel om haar skilderye te koop, kan haar skakel by 084 855 2281.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version