MunicipalNews

Sekere paaie in dorp onrybaar

Motoriste moet selfs langs die kant van die pad ry om die slaggate te vermy. Meer hier.

Na ongeveer 33 jaar in die dorp is Lourens du Plessis, 57, baie ongelukkig oor die dorp se paaie.

Hy gebruik Pad nommer een in Hillside ongeveer twee maal per dag, maar die afgelope vier maande is dit bykans onrybaar. Van die slaggate is nagenoeg 30 sentimeter diep en ongeveer ‘n meter in deursnee. Motoriste moet selfs langs die kant van die pad ry om die slaggate te vermy.

Lees ook: Lenmed staff fixes potholes for Madiba

“Ons gebruik dikwels saans die pad. Daar is nie ligte nie en met die reën is die pad nog gevaarliker,” het Lourens gesê.

Die pad lei na ‘n plaaslike kerk en ook ‘n gastehuis, en dra redelik baie verkeer. Reisigers wat by die gastehuis oornag moet ook die pad gebruik, en die swak toestand daarvan benadeel nie net die gastehuis nie, maar die dorp ook.

‘n Gedeelte van die pad wat vol slaggate is.

Verskeie motors is al weens die slaggate beskadig. Volgens plaaslike inwoners het die munisipaliteit ongeveer vier maande gelede gedeeltes van die teer uitgesny om die pad te herstel, maar daar is niks verder aan die pad gedoen nie.

Lourens voel dat die pad ‘n veiligheidsrisiko inhou wat nagevolge kan hê.

“Die munisipaliteit moet die swakste paaie eerste teer,” het Lourens gesê.

Lourens se vraag is dus wie die kostes gaan dra indien sy of iemand anders se motor weens die swak pad beskadig word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button