NewsSchools

Ram tops by twee Kunstefeeste

Ram se leerders het nie net by een nie maar by twee onlangse kunstefeeste uitgeblink.

Laerskool Randfontein het nie net by een nie maar by twee kunstefeeste uitgeblink.

Kunstefeeste soos die Randfontein Arts and Culture Association (Raca) en National Eisteddfod Academy (NEA) bied ‘n geleentheid vir oud en jonk om hul talente ten toon te stel.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het die leerders hard gewerk en verskeie Rammies-leerders het hul staal gewys

Vanjaar se senior en junior Drama Queens het by Raca in twee afdelings deelgeneem en het in beide ‘n diamanttoekenning verower (95-persent plus). Die titels vir die seniors was Stilte in die hof en vir die juniors was dit Superhero mengelmoes. Janie Fourie en Chantel Smyth, wat die onderskeie groepe afrig, het aan die Herald vertel dat hulle baie trots is op die leerders.

“Ons dramagroepe het ook baie hard geoefen vir hul NEA-optrede op 20 September. Daar het die seniorgroep ‘n diploma verower en die juniorgroep ‘n goud,” het Annie gesê.

Ram het twee spreekkore vir Raca ingeskryf – die een onder leiding van Nadia Barkhuizen en ‘n ander onder leiding van Bea Nortjé. Albei spreekkore het uitstekend gevaar en elkeen ‘n diamanttoekenning verower.

Die Ramkriekie-kleuterskool het net soveel rede om trots te wees op hul Raca-inskrywings en -prestasies. Onder die leiding van Marlie Potgieter het die maats hard geoefen. Die kleuterskool het 22 inskrywings gehad wat agt diamant-, ses platinum- en agt gouesertifikate opgelewer het.

Die skool bedank graag elke leerder wat deelgeneem het vir hul harde werk en wens hulle ook geluk met hul pragtige prestasies.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button