Reinhardt, die jong man met die goue stem

Hy is ook gekies vir Team SA om in New York aan die Talent America-kompetisie deel te neem.

Reinhardt le Roux is nog ‘n Randfonteiner wat met die mikrofoon in die hand uitblink.

Hy het vanjaar uitstekende prestasies in veral vir Christen- en Latynse musiek behaal deur twee gouemedaljes te verower.

Lees ook: R’fontein se eie Michael Bublé

By die South African Championships of the Performing Arts (Sacopa) wat in April by Nasrec gehou is, was daar twee Suid-Afrikaanse beoordelaars en een internasionale beoordelaar. Daar het Reinhardt die twee gouemedaljes verower asook twee silvermedaljes vir rock- en R&B-musiek, en twee bronsmedaljes vir kontemporêre en jazz-musiek. Daar word gewoonlik slegs een goud, een silwer en een bronsmedalje per kategorie toegeken.

Daar is nie noodwendig medaljewenners in elke kategorie nie. Al sou slegs een persoon in ‘n kategorie deelneem, kry hy/ sy nie noodwendig een van die drie medaljes nie. Goud is dus die hoogste toekenning op nasionale vlak.

Reinhardt is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse span om in Julie in Los Angeles aan die World Championships of Performing Arts te gaan deelneem. Hy het ook sy Gauteng-kleure van die Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning in Augustus behaal.

Reinhardt le Roux, waar hy ‘n Latynse lied gesing het. Photo: Ingestuur.

Hy het op uitnodiging in April in die South African Championship of Performing Arts se Nasionale Mysiekblyspel by Nasrec opgetree. Die geleentheid is regstreeks uitgesaai. Die ster het ook in Augustus op uitnodiging in die Gautengse Musiekblyspel van Kampioene opgetree.

By die Talent Africa-kompetisie wat in April by die Roodepoort Teater gehou is, het hy gouemedaljes behaal vir rock-, pop- en Christen-musiek, en sang.

Reinhardt het die geleentheid gehad om onlangs vir Team SA aan die Talent America-kompetisie in New York deel te neem. Hy het egter besluit om liewer vir sy Graad 12-eksamen voor te berei en winterskool by te woon as om vanjaar oorsee te gaan deelneem.

Hy het by die Raca Eisteddfod vier diamanttoekennings vir klavierspel ontvang en is by Monnas se Kunswedstryd twee A+ en 1 A toegeken.

Reinhardt is baie dankbaar teenoor sy afrigter, Annalien du Plessis van die FJ Wells-musiekskool, waar hy al jare lank ‘n student is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version