Jannas hou suksesvolle gholfdag

Elke speler het met 'n prys weggestap.

Op 29 September het Hoërskool Jan Viljoen hul eerste gholfdag by die Randfontein Gholfklub gehou. Die doel was om fondse in te samel wat vir sport by die skool gebruik sal word, en om sporttoerusting aan te skaf.

Die dag was ‘n reuse sukses met ongeveer 130 gholfspelers van reg oor die Wes-Rand wat afgeslaan het. Die algehele wenner was Frank Naudé. Frank en vier ander spelers het elk 45 punte op hul kaarte aangeteken voor Frank as algehele wenner aangewys is.

Die dag het ook verskeie ander kompetisies ingesluit, waaronder vir sethoue, kaphoue, die langste dryfhou en die naaste aan die pen. Daar was ook ‘n prys vir die persoon met die meeste gees en wat die geselligste was. Dié prys het aan Martin de la Hunt gegaan.

Van die items wat opgeveil is.

Na afloop van die dag se spel is verskeie items opgeveil. Die item wat die hoogste prys behaal het was ‘n Jannas-eerstespanrugbytrui wat vir R4 500 van die hand gesit is. ‘n Hoërskool Riebeeckrand-eerstespanrugbytrui het R4 000 behaal.

Volgens die organiseerder van die gholfdag, George Smith het elke speler met ‘n prys weggestap. George het ook vertel dat elke putjie deur ‘n maatskappy geborg is.

Die pryse het die volgende ingesluit:
• ‘n Kamera
• Samsung-drukker
• Elektriese stoompot
• Twee gholfgeskenkbewyse

Die dag was ‘n groot sukses en die skool beplan om volgende jaar weer so te maak. Hulle bedank almal wat die dag moontlik gemaak het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version