Local newsNews

Plaaslike kunstenaar hou R’tein se naam hoog

Vir Linda is R'tein haar huis en die gemeenskap haar familie.

‘n Plaaslike kunstenaar se sangdroom is besig om bewaarheid te word.

Die gewilde sanger Linda Killian is in Randfontein gebore en is hart en siel ‘n Teiner. Sy het van kleins af daarvan gehou om mense te vermaak en is reeds ‘n ikoon in die musiekbedryf. Die meeste mense het behoorlik van Linda kennis geneem toe sy in 2015 as die Eurovision SA-wenner aangewys is.

Sy het al op verskeie TV-programme verskyn en haar liedjies word gereeld op radiostasies gespeel.

Linda Killian

Oomblikke wat vir haar onvergeetlik is, is toe sy die geleentheid gehad het om die verhoog te deel met van die top name in die plaaslike vermaakbedryf, soos Elizma Theron, Lianie May, Gerhard Steyn, Nianell, Juanita du Plessis en Jak de Priester.

Vroeër vanjaar het Linda ook die eer gehad om by Loftus Versfeld op te tree voor die wedstryd tussen die Bulls en die Southern Kings. Linda het vanjaar reeds by 36 feeste opgetree en is ook die sanger van die temalied van Tekkie Tax.

Sy het onlangs die vierde plek onder Radio Laeveld se Top 20 losgeslaan met ‘n liedjie wat sy saam met Touch of Class opgeneem het. “Ons het met bekende name in die musiekbedryf, soos Karlien van Jaarsveld en Gerhard Steyn vir ‘n plek onder die Top 20 meegeding,” het Linda gesĂª.

Linda is beslis ‘n sanger wat daarvan hou om mense te vermaak. Sy is gereeld te sien by kunstefeeste soos die KKNK, Aardklop, Innibos, Lentefeeste en by plaaslike geleenthede.

Haar splinternuwe liedjie, Soldiers of love saam met Lufuno M Singo is onlangs uitgereik. Dit is tans beskikbaar op YouTube en Itunes, en word ook op verskeie radiostasies gespeel.

Vir Linda is R’tein haar huis en die gemeenskap haar familie. Sy beplan om binnekort ‘n nuwe album op te neem, diĂ© keer in Engels, wat sy glo nuwe deure vir haar sal oopmaak.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button