NewsSchools

Jannas-matrieks van 2017 hou afskeid

Hoërskool Jan Viljoen het op Donderdag, 28 September sy matriekafskeid gehou en die matrikulante en hul metgeselle het in pragtige uitrustings gepronk.

Die geleentheid waarna matriekleerders van Hoërskool Jan Viljoen heeljaar lank uitgesien het, het uiteindelik op Donderdag, 28 September plaasgevind.

Die matriekafskeid is weer by Usambara in Muldersdrift gehou en was beslis ‘n glansryke affêre.

Gisela Hall en Chanté Laubscher.

Die jongmense het almal spoggerig gelyk en mens kon sien dat geen moeite ontsien is om die beste voetjie te kon voorsit nie. Die meeste dogters het lang, blink aandrokke aangehad en die seuns se pakke was modern en kleurvol. Die voertuie waarin hulle by die funksie opgedaag het, het die toeskouers se asems weggeslaan.

Adele Nolte en Morné Holtzhausen.

Die elegante jongmense het twee-twee op die rooi tapyt oor die brug gestap terwyl hul name uitgelees is. Daarna het hulle die saal binnegegaan. Daar was natuurlik dié wat verkies het om die funksie sonder ‘n metgesel by te woon en die aand saam met hul vriende te geniet.

Nadat die formaliteite afgehandel is en ‘n driegangmaaltyd bedien is, is daar gedans tot middernag.

Franco van Wyk en Kayla du Toit.

Alhoewel daar ‘n paar trane gepink is aangesien hulle hul skoolloopbaan binnekort vaarwel gaan toeroep, het die 2017-matrieks beslis hul jaar op ‘n hoë noot afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button