Local newsNews

Motorfietse brul deur dorp vir een doel …

Die 60 motorfietse wat aan die 2017 RFS Auto Motorfietsbesparingsrit oor 899km deelgeneem het, het in Randfontein weggespring.

Motorfietsenjins het op Saterdag, 23 September deur die dorp gebrul toe 60 motorfietse van verskillende groottes en fabrikate aan die 2017 RFS Auto Motorfietsbesparingsrit deelgeneem het.

Die rit is vir die 37e jaar aangebied en motorfietsryers van verskeie streke het daaraan deelgeneem.

Eleanore Grobler en David Leech.

Die doel van die rit is om te bepaal wie die minste brandstof oor die hele roete gebruik. Elke deelnemer moet die afstand binne ‘n bepaalde tyd voltooi en mag nie die spoedgrens oorskry nie. Die rit strek oor twee dae en het vanjaar by Uncle Harry’s in Randfontein begin. Nadat die motorfietsryers die eerste dag se 494km-roete voltooi het, het hulle in ‘n hotel in Thaba Nchu in die Vrystaat oornag.

Die volgende oggend het die deelnemers vroeg in die pad geval met hul eindbestemming in sig. Hulle het ‘n roete deur die Vrystaat gevolg en teruggery na die hotel waar hulle die vorige nag gebly het. Hulle het dié dag 405km afgelê.

Vincent van Dyk op sy Harley Davidson.

Chris du Plooy, hoof uitvoerende beampte van RFS Auto het aan die Herald vertel dat die byeenkoms die vertoonkas vir die motorfietsbedryf is en dat die uitslae ‘n belangrike rol speel wanneer iemand ‘n nuwe of gebruikte motorfiets wil koop.

Die deelnemers wat die minste brandstof gedurende die rit gebruik het:

• Gareth Floweday met ‘n Yamaha YZF-R15. Hy het 22,65052 liter brandstof gebruik, met ‘n brandstofverbruik van 2,51938 liter per 100km.

• Denver Biggs met ‘n BMW G310. Hy het 28,33094 liter brandstof gebruik, met ‘n brandstofverbruik van 3,15121 liter per 100km.

• Elanore Grobler met ‘n BMW F800S. Sy het 29,91940 liter brandstof gebruik, met ‘n verbruik van 3,32789 liter per 100km.

Die span beplan om volgende jaar weer so te maak – dié keer langs ‘n ander roete.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button