Tiaan en Jerolien – Jannas se Wetenskap en Wiskunde-meesters

Borg moedig weer leerders aan om in Wiskunde en Wetenskap te presteer om die ingenieursweseprofessie te bevorder.

Vir die vierde agtereenvolgende jaar het NatureBound met Francois Graaff senior en Francois Graaff junior aan die stuur harde werkers by Hoërskool Jan Viljoen beloon.

Hierdie inisiatief moedig leerders aan om skouer aan die wiel te sit in Fisiese Wetenskappe en Wiskunde. Die uitdagings wat vandag se onderwysstelsel skep, dwing leerders om uit die boks te dink en uit hul gemaksones te beweeg.

Francois Graaff (snr), Tiaan van Niekerk, en Francois Graaff (jnr).

Met aansporings soos dié wat NatureBound bied, sien leerders dat ingenieurswesestudies nie buite hul bereik is nie en dat harde werk vrugte afwerp.

“Hierdie inisiatief het in 2014 afgeskop. Derick Fourie was die eerste gelukkige kandidaat om hierdie trofee en erkenning te ontvang. Van daar af was daar geen keer aan die leerders se entoesiasme om hierdie erkenning te probeer kry nie. In 2015 het Renier van Dyk die trofee ontvang en in 2016 was dit Hercilus Harmse se beurt,” het Ria van Niekerk van Bemarking en Kultuur gesê.

Op 21 Augustus het Francois senior en junior weer die skool besoek om vanjaar se harde werkers te beloon.

Francois Graaff (snr) – Nature Bound; Tiaan van Niekerk; Francois Graaff (jnr) – Nature Bound; en
Sarel Steyn – Hoërskool Jan Viljoen SE waarnemende hoof.

Die toekenning vir die Graad 11-leerder wat die beste vordering in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe gedurende die jaar getoon het, is toegeken aan Jerolien van Jaarsveld. Sy ontvang ‘n kontantprys van R500. Die leerder wat met die toekenning asook prysgeld van R2 500 vir die beste presteerder in Graad 11 Wiskunde en Fisiese Wetenskappe weggestap het, is Tiaan van Niekerk.

Ria het aan die Herald vertel dat dit ‘n riem onder die hart is dat besighede in ons dorp ons skole en leerders so ondersteun en aanmoedig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version