Local newsNews

Melktandjies tof op vir Erfenisdag!

Kulture soos Sotho, 'n boer, Xhosa, Zulu, Swazi, Moslem en selfs die Kaapse Klopse is uitgebeeld.

Melktandjies Kleuterskool het Erfenisdag op Vrydag, 22 September op ‘n baie spesiale manier gevier.

Al die kleuters, van drie tot ses jaar oud was uitgevat in uitrustings wat hul erfenis/ kultuur uitgebeeld het, en dit was groot pret.

Melktandjies se kleuters het Erfenisdag behoorlik gevier.

Jenny Blignaught, die vierjariges se juffrou, het gesê “Die kinders geniet dit so om Erfenisdag te vier. Hulle en hul ouers het baie moeite gedoen met hul klere.”

Kulture soos Sotho, ‘n boer, Xhosa, Zulu, Swazi, Moslem en selfs die Kaapse Klopse is uitgebeeld. Daar was ook ‘n kompetisie om die onderwyser en kleuter aan te wys was die beste aangetrek was, en Elize Bezuidenhout die onderwyserkategorie gewen.

Van die Melktandjies-personeel wat aan Erfenisdag deelgeneem het.

Die Herald moes beoordelaar speel, en dit was ‘n uiters moeilike keuse. Lervandré Bower, wat die Kaapse Klopse voorgestel het, was uiteindelik die wenner.

Nihann van Wyk en Gozi Kjanyile was die ander twee wenners.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button