NewsSchools

Ram se Soetkysie-revue ‘n treffer!

Elke klas het 'n beurt gekry om op die maat van liedjies te dans wat die reis uitbeeld.

Laerskool Randfontein se 2017-revue was beslis een om te onthou!

Dié revue is een van vele hoogtepunte vir die leerders, ouers en die gemeenskap. Met vier uitverkoopte vertoning het die leerders behoorlik uitgeblink. Riekie Gerber het soos vorige jare die revue georganiseer.

Vanjaar se storielyn, Die Soetkysie, het gehandel oor ‘n gesin wat saam met hul ouma met vakansie gaan om haar 80e verjaarsdag te vier. Ouma se rooi soetkysie reis die hele vakansie saam.

Shyanne Campbell het “Tina van Wyk” uitgebeeld.

Elke klas het ‘n beurt gekry om op die maat van liedjies te dans wat die reis uitbeeld. Hul blink kostuums, pruike, opgetofte hare en rooi lippe was soos iets uit ‘n fliek. Die klasonderwysers het die kostuums vir hul graad gekies.

Leerders het hul gate uit geniet op die verhoog terwyl die gehoor hande geklap en lekker gelag het. Die onderwysers het ook almal laat skaterlag met hul optrede. Dit was ‘n skouspel uit die boonste rakke.

Die hare was opgetof en die lippe rooi geverf.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het die leerders reeds vroeg vanjaar begin voorberei vir die groot geleentheid. Die klasonderwysers van elke graad het die kostuums vir hul grade gekies.

Die skool bedank graag elke leerder, onderwyser en ouer wat die optredes moontlik gemaak het, asook die gemeenskap wat die vertonings ondersteun en bygewoon het. Rammies kan met reg trots wees op ‘n puik revue.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button