Negejarige het groot planne vir gemeenskap

Negejarige van Greenhills, tans in Griekeland, wil graag die gemeenskap betrek by projekte om die nood in R'tein te verlig.

Sharica Bondesio het nie net ‘n mooi gesig nie. Sy het ‘n hart van goud.

Haar goedhartigheid en liefde vir die gemeenskap was duidelik toe die Herald onlangs met haar gesels het.

Sharica Bondesio, 9, wat die gemeenskap in goedhartigheid wil toevou.

Sharica, 9, is ‘n Laerskool Randfontein-leerder en doen ongeveer vier jaar lank modelwerk. In Julie verlede jaar het sy vir die eerste keer aan kompetisies begin deelneem en het onmiddellik geweet dat sy ‘n verskil wou maak. Vir Sharica gaan dit nie oor die loopplank nie, maar oor alles wat gebeur voor sy op die loopplank verskyn.

Sy is onlangs gekies om Suid Afrika in die Mini Miss-kategorie van die Little Miss World-kompetisie in Thessaloniki, Griekeland te verteenwoordig. Daar sal deelnemers uit 65 lande wees. Deelnemers aan die kompetisie moes ‘n video van hul liefdadigheidswerk instuur. Die tema van die sosiale projek was ”n Dagboek van Goedheid’.

“Ek het al baie verskillende kulture, tradisies en tale leer ken,” het Sharica gesê.

Sy het aan die Herald vertel dat sy maandeliks verskeie organisasies ondersteun en dat sy nie net by hulle betrokke is ter wille van die kompetisies nie.

Haar droom is om eendag ‘n prokureur en Mej Suid-Afrika te wees om op ‘n groter skaal ‘n verskil te maak. Haar rolmodelle is Cindy Nel en Armand du Plessis.

Agter die skerms is sy skaam en ‘n introvert, maar op die loopplank het sy baie selfvertroue.

Sharica is tans besig met twee groot projekte:

• Box of hope – Die doel is om vir ‘n gemeenskapslid oor die feestyd hoop te gee.

• Summer shoes – Die doel is om skoene, oud of nuut, aan minderbevoorregte kinders te skenk.

Sy wil graag die gemeenskap by die projekte betrek om die nood in R’tein te verlig. Enigeen wat by die projekte wil betrokke raak, kan ‘n epos stuur aan ebondesio@gmail.com of 074 107 7784 skakel.

“As jy enigiets in die lewe kon wees, wees vriendelik.” Dit is die leuse wat Sharica elke dag uitleef.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version