Local newsNews

Connie Mulder-skouspel: ‘n Geleentheid soos min

Die deelnemers sien heeljaar uit na die kompetisie en begin lank voor die tyd oefen.

Die Connie Mulder Sentrum het die afgelope naweek hul jaarlikse Eisteddfod Techno en Skouspel aangebied. Dit was soos altyd uit die boonste rakke.

Daar is ongeveer 15 jaar gelede begin om eisteddfods by die Sentrum aan te bied en word goed ondersteun deur Wes-Randse Vereniging vir Gestremdes (Krugersdorp), Die Oord (Hartbeesfontein), Irene Homes (Pretoria) en Sunfield Fortuna (Heidelberg).

Een van die deelnemers op die verhoog.

Die hoofdoel van hierdie eisteddfods is om aan mense met gestremdhede wat nie aan atletiekbyeenkomste, galas of krieketwedstryde kan deelneem nie, die geleentheid te bied om hul talente soos sang, voordrag, lees, toneelspel en handewerk (brei, hekel, houtwerk) in gesonde mededinging met ander gestremdes ten toon te stel.

“Die deelnemers sien heeljaar uit na die kompetisie en begin lank voor die tyd oefen,” het Fransie Hulme van die sentrum gesê.

Jurgens du Plessis het aan die Herald vertel dat hy klavier gespeel het, lid van die orkes was en ook gesing het.

“Ek het die dag baie geniet en ek kan nie wag vir volgende jaar s’n nie,” het Jurgens gesê.

Steven Campbell (Wes-Randse Vereniging vir Gestremdes) en Yolandi Venter (Connie Mulder Sentrum) is as die beste manlike en vroulike soliste aangewys. Die Wes-Randse Vereniging vir Gestremdes was die algehele wenner en Connie Mulder Sentrum het as naaswenner geëindig.

“Groot dank en waardering aan alle deelnemers, hulle afrigters asook die personeel wat vir die administratiewe take van die eisteddfod verantwoordelik was,” het Fransie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button