Jong man neem glo eie lewe in Culemborgpark

'n Tuindienstewerker het glo omstreeks 3nm op die liggaam afgekom.

’n Jong man se liggaam is Woensdag middag by ‘n huis in Culemborgpark gevind nadat hy vermoedelik selfdood gepleeg het.

‘n Tuindienstewerker het glo omstreeks 3nm op die liggaam afgekom.

Die jong man is intussen as Fanie Roux, 21, geïdentifiseer wat soos die Herald vroeër in die week berig het, Sondag laas gesien is. ‘n Familied het ook op die toneel bevestig dat Roux oorlede is.

Lees artikel hier: Resident last seen on Sunday

Op die toneel was familie en vriende, EPR Sekuriteit, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), ER24, en lede van die Polisie se trio-eenheid om ondersoek in te stel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version