Nuwe ATKV-jeugtak in die dorp

Die jeug moet meer betrokke raak in die gemeenskap.

Die ATKV het onlangs ‘n splinternuwe jeugtak by Hoërskool Riebeeckrand geopen. Anchené van Jaarsveld is op 6 September aangestel om die Riebeeckrand-tak te bestuur.

Die organisasie het hope potensiaal daar gesien om projekte by die skool en ook in die gemeenskap aan te pak en uitreike te doen.

“Daar is ‘n groot nood in Randfontein,” het die voorsitter van ATKV Randfontein, Martinet Theunissen gesê.

Achené het aan die Herald vertel dat sy baie opgewonde is om die geleentheid met albei hande aan te gryp en ook om ‘n groot verskil in die gemeenskap te maak.

Die projekte waarby hulle betrokke is, wissel van om na die daaglikse, basiese behoeftes van die gemeenskap om te sien, tot om mense so af en toe te bederf.

Lees ook: ATKV kies sy nuwe bestuur

“Ek voel jongmense moet ‘n platform gegee word waar hulle meer oor hul kultuur kan leer en dit uitbou, en hulself kan uitleef in hul eie taal en kultuur,” het Martinet gesê. Die oogmerke van die ATKV is onder meer ook om die Afrikaanse taal, kultuurkennis en kreatiwiteit te bevorder.

Sy het bygevoeg dat die jeug meer betrokke by die gemeenskap moet raak. Sy voel ook dat daar ‘n groot behoefte aan die uitbouing van taal en kultuur onder die gemeenskap is en dat die tak in die behoeftes sal kan voorsien.

Anchené het verskeie doelwitte vir die nuwe jeugtak gestel en sy glo dat hulle dit sal bereik. Sy nooi ook graag die gemeenskap uit om die tak in 2018 dop te hou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version