Boere maak weer hul beursies oop vir vetvee

Boere het weer hul beursies oopgemaak tydens 'n onlangse veiling van Lund Afslaers in Randridge.

Boere het weer hul beursies oopgemaak tydens ‘n veiling wat Lund Afslaers in Randridge aangebied het.

Op Dinsdag, 29 Augustus het die afslaersonderneming ‘n vetveeveiling gehou waartydens boere se harte oorgeloop het van trots. Daar is rekordpryse behaal en rekordmassas is aangeteken.

‘n Poenskop bok wat vir ongeveer R1 900 opgeveil kan word.

Telers, kopers en verkopers van reg oor Suid-Afrika woon die veilings by. Die afslaers het ongeveer 7 000 kopers en verkopers op hulle databasis en sowat 400 mense woon weekliks die veilings by. Dié veiling was egter iets vir die boeke.

Rudie Lund, eienaar van die afslaersonderneming is al 17 jaar lank in die bedryf en het ‘n groot passie vir groot- en kleinvee. Volgens hom was die dag weer ‘n reuse sukses en ongeveer 500 boere was daar.

Die eienaar van die afslaersonderneming, Rudie Lund.

Die volgende vee is van die hand gesit:

• 267 beeste

• 75 skape

• 50 bokke

• 105 varke

Mense was verstom oor die verskeidenheid van skape en bokke wat opgeveil is. Plaaslike inwoner Quentin Roux het aan die Herald vertel dat hy en sy pa gereeld na die veiling toe kom en dat hulle veral in die vetveeveiling belangstel omdat hulle ‘n groot liefde vir dié soort vee het. Hy het vertel dat hulle by die veiling beeste kom koop en verkoop.

Volgens Rudie is die hoofdoel van die veilings om kopers en verkopers bymekaar te bring en om die hoogste moontlike pryse vir die vee te kry. Daarom doen boere vooraf baie moeite om hul diere in die beste moontlike kondisie te kry.

Die volgende massas is aangeteken:

Beeste

• Vriesbul 1 210kg

• Vrieskoei 995kg

Skaap

• 115kg

Vark

• 275kg

Rudie het aan die Herald vertel dat die duurste bul dié dag vir R35 000 opgeveil is en vark vir R5 400 verkoop is.

Volgens Rudie is veepryse tans baie hoog weens die onlangse droogte maar boere het steeds hul sakke geskud om vetvee tydens die veiling aan te koop.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version