Local newsNews

#Leer ‘n Teiner ken – Adellé von Rónge Kotzé.

Adellé is baie lief vir die gemeenskap van R'tein.

Op Dinsdag 11 September het die Herald in die 33e aflewering van die bekende veldtog #Leer ‘n Teiner ken kennis gemaak met Adellé von Rónge Kotzé.

Adellé, 46, woon die afgelope 37 jaar in R’tein en sy glo haar penwortels is diep in die dorp geplant. Sy is in Witpoortjie in Roodepoort gebore maar het op negejarige ouderdom in die dorp kom woon.

Sy is getroud en is ‘n groot diereliefhebber. Sy het nie kinders nie en diere neem die plek van kinders in haar lewe in.

“Ek het honde, katte, papegaaie en ‘n verskeidenheid van voëls,” het Adellé gesê.

Sy is alombekend in die gemeenskap en werk die afgelope 11 jaar by die Randfontein Dierehospitaal as ontvangsdame waar sy haar oor alle diere ontferm. Haar kollegas beskou haar as ‘n moederfiguur vir alle diere – siek en gesond.

Adellé is baie lief vir die gemeenskap van R’tein en het aan die Herald vertel dat die meerderheid gemeenskapslede plat op die aarde is.

“My grootste droom is om ‘n skrywer te wees,” het Adellé gesê. Sy het reeds ‘n boek op die rakke en haar tweede boek sal binnekort beskikbaar wees.

In haar vrye tyd skilder sy, hou huis en skryf.

Adellé het vertel dat die gemeenskap haar sal ken as “Moedertjie Natuur”, omdat sy so ‘n groot liefde vir diere het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button