Local newsNews

Vroue bederf by AGS Randgate

'n Damesoggend waar elke vrou weer waardevol en geliefd kon voel is onlangs in Randgate gehou.

Om Vrouemaand behoorlik af te sluit het AGS Randgate se Yadah-damesgroep besluit om vroue in die gemeenskap met ‘n spesiale damesoggend te bederf.

Op Saterdag, 2 September is die jaarlikse damesoggend gehou met pastoor Chrisna Grobler as spesiale gasspreker. Chrisna en haar gesin het ongeveer drie jaar gelede na ‘n klein gemeenskap in Postmasburg verhuis.

Nirica Crous en Bianca Briendenhann het die oggend geniet.

Die dames in die dorp het haar inspirerende woorde gemis en kon nie wag dat sy hulle weer toespreek nie. Ongeveer 110 vroue het die funksie bygewoon waartydens daar gedans, heerlik geëet en gekuier is.

Die gemeente vier ook vanjaar hul 100e bestaansjaar en daarom was die dag ekstra spesiaal. Daar kon ook verskeie pryse gewen word om die dames te bederf soos wat hulle verdien.

Die dames het na Chrisna se boodskap heerlik gesmul aan ‘n vingerete en kon ‘n gratis kreatiewe foto neem.

Alicia Kamffer wat deel vorm van die Yadah-damesgroep het aan die Herald verduidelik dat die damesoggend ‘n goeie manier is om Vrouemaand af te sluit.

“Die oggend was ‘n reuse sukses en elke vrou kon weer waardevol en geliefd voel,” het Alicia gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button